Die MOS Inisiatief
Want elke kind verdien moedertaalonderrig
Ons inspireer lewenslange leerders met hoë gehalte onderrig wat Afrikaans en die toekoms verbind.
‘n Toekoms Gebou op Sterk Waardes
Beginsels wat elke kind na betekenisvolle leer en ‘n blink toekoms lei.
Ons kernwaardes definieer ons visie vir onderwys in Afrikaans. Ubuntu simboliseer ons geloof in insluiting en deernis, ons omarming van die toekoms inspireer kinders om innoverend te dink en ons fokus op lewenslange leer help om ‘n blywende liefde vir kennis en groei aan te wakker.

Ubuntu
‘n Eienskap wat twee van die noodsaaklike menslike deugde, naamlik deernis en menslikheid, insluit. Ons glo daarin dat kwaliteit onderrig die voorreg van almal is en niemand daarby uitgesluit mag word nie. Ons model is dus op ‘n insluitende, inklusiewe model gebaseer wat maklik toeganklik vir alle moedertaalsprekers is.

Omarm die toekoms
Die wêreld waarin ons leef verander elke sekonde. Die MOS Inisiatief erken die dinamika van leer en die behoeftes van die arbeidswêreld wat deurlopend verander en poog daarin om ons leerders op al die verwagtinge en uitdagings voor te berei deur die vaardighede wat deur ons stelsel aangeleer word.

Lewenslange leer
Die doelwit van Die MOS Inisiatief is om ‘n liefde vir leer by elke leerder te kweek sodat hulle lewenslange leerders sal word wat deur hulle kennis, vaardighede en ondervinding ‘n sinvolle bydrae tot die wêreld sal maak.
Skole vir elke leerfase: van kleuters tot matrikulante
Die MOS Inisiatief bied enkelmedium Afrikaanse skole vir elke ouderdom.
Die MOS Inisiatief se skole vorm ‘n unieke Afrikaanse skolenetwerk wat voorsiening maak vir elke fase van ‘n kind se leerreis. Van kleuterskool tot hoërskool en selfs ‘n aanlyn skool vir maklike toegang, bied ons uitnemende onderrig wat volhoubaar, inklusief, en toekomsgerig is.
Nuus en inspirasie vir Afrikaanse moedertaalonderrig
Ontdek die nuutste artikels, potgooie en nuus oor Afrikaanse onderwys, innovasie en lewenslange leer.

Die MOS Inisiatief verwelkom Enso Akademie – ‘n nuwe tuiste vir innoverende Afrikaanse moedertaalonderrig
Laai mediaverklaring af Die MOS Inisiatief kondig met groot trots en afwagting die nuutste toevoeging tot Die MOS Skole Groep aan: Enso Akademie, geleë …

Die Kritiese Belangrikheid van Moedertaalonderrig vir Suid-Afrikaanse Leerders | Dr Annelie Wassenaar
Deur: Dr Annelie Wassenaar “As jy met iemand praat in ‘n taal wat hy verstaan, gaan dit na sy kop toe. As jy met …



